top of page

Talente tuis in die teater

  • Jana Basson
  • Oct 30, 2017
  • 1 min read

Lyndre Kruger en Milandie Viljoen vermaak die gehoor by die ATKV-tienertoneel landsfinaal. Foto verskaf Heike Edeling.

Die Teatrum Festum het vanjaar die geleentheid gebied om Helpie-talente in volle glorie ten toon te stel met drie tienertonele: ‘Skaakmat,’ ‘Hartskelder’ en ‘Mensfabriek.’

Die nuwe Helpie-regisseurs, Juffrrou Carien Wessels en Jacques Peacock, het hul stempel in Helpmekaar se kultuur afgedruk en Meneer Eghard Basson het met sy tweede toneel vir die tweede keer deurgedring na die ATKV landswye finaal in Kaapstad die week van 10 Oktober.

‘Mensfabriek’ het in Potchefstroom hul eerste optrede gehad en weens die hospitalisering van een van die aktrises moes hulle die ATKV laat weet dat hulle nie aan die streeksfinaal kon deelneem nie. Ten spyte van die terugslag was hul punte nie net hoog genoeg om na die ATKV finaal in Kaapstad deur te dring nie, maar ook die volgende prestasies te behaal: Courtney Weideman (Graad 11) is genomineer vir die beste klank operateur, Mia Burger (Graad 10) vir die beste verhoogbestuurder en Milandie Viljoen (Graad 11) is as die mees belowende aktrise aangewys.

Die Helpies het hulself reeds op die sportveld bewys, maar dit blyk dat die teater ook ‘n tuiste vir Helpie-talente is.


Kommentare


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page