top of page

Onnies: Die besige byekorf se belangrikste bates

  • Danielle Brink
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Helpmekaar se byekorf bestaan uit ongeveer 1000 kinders, wat konstant aan die werk en aan die produseer is. Om die "heuning-maak-proses" glad te laat verloop, het ons die onderwysers as die "instandhouers" nodig. Min weet ons dat die"instandhouers" ook agter die skerms baie besig is…

Mé Woest is op die 3de Maart vanjaar gebore. Juffrou Sofi meen dat haar dogtertjie haar alles is en dat sy elke dag voluit vir haar gesin leef. Sy word al van dag 1 af met mooi klere getooi en hou Juffrou elke maand vir Mé 'n "vermaanddag" waar sy vir haar blommekind blomme gee. Juffrou Sofi sê ook: "Sy het my lewe waarde gegee. Ek staan elke dag met 'n glimlag op my gesig op en word so dankbaar wakker - al het ek hoe min geslaap! Om elke week te sien hoe meer en meer liggies in haar brein aangaan, is my hoogtepunt van ma-wees!"

Op 28 Augustus het nog ’n vrolike Vissie in die Visser-gesin se net vasgeswem. Juffrou Rozelle het geboorte gegee aan die gesonde Rosa Mariaan Visser. Rosa se ouer boetie, Johannes, is baie lief vir sy nuwe sussie en gee glo heeltyd vir haar soentjies en drukkies. Meneer Visser sê egter dat die Vis-net nou vol genoeg is en dat hulle nie van plan is om nog kinders te kry nie.

Verder is Juffrou Mia en meneer Johan op 24 Junie getroud en hulle het op 25 Junie met hulle wittebroodreis vertrek (en sommer eksamen "gebank" soos juffrou Mia dit stel). Soos meeste onderwysers wil juffrou Mia graag baie kinders hê. Juffrou Rika het op 26 Augustus getrou. Sy sê dat sy dink 2 kinders genoeg is.

Nog nuus uit die korf is dat Juffrou Angelika de Beer net voor die April-vakansie verloof geraak het, en is dié "hübsche" juffrou die naweek van die 21ste Oktober getroud!

Ons byekorf is altyd aan die wriemel, dus sal daar altyd nuus wees om te kan vertel, van die bye of van die instandhouers.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page