top of page

My Matriekafskeid is ‘n realiteit

  • Nina Mostert
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Om soos ʼn ware Kim Kardashian in die kollig te lewe, sit nie in elke ou se broek nie. Vir Camille Viviers, Michaela Wright en Aimee Ding het televisie baie vinnig in ʼn realiteit verander toe hulle gekies is om die glans, drama en soms ook trane te deel in die nuwe en opwindende realiteitsprogram, “My Matriekafskeid”. ’n Groep van ses meisies is gekies vir die eertse rondte van "My Matriekafskeid" en is daarna deur middel van ʼn onderhoudsproses uitgedun na ons drie verteenwoordigers deur die produksiemaatskappy, Red Pepper.

“Elke meisie sien uit na haar matriekafskeidsdans, maar om deel te wees van “My Matriekafskeid”, het dit ekstra spesiaal gemaak,” reken Camille. “Dit was ʼn opwindende ervaring wat ek selfs eendag met my eie kinders kan deel.” Vir Camille was dat die hare- en grimeringtoetslopie vet pret.

Aimee se motto vir die groot dag is goeie beplanning en ʼn koel kop. Haar aanvanklike ongemak voor die kameras het vinnig verdwyn, want die kameraspan was altyd vol grappe. Spanning en skrikkerigheid vir die kameras het vinnig die hasepad gekies. Aimee se beplanning vir die groot dag het begin toe sy haar rok gaan uitkies het en daarna het al die idees en drome in plek geval.

“Ek kan nie wag nie!” Michaela reken die oploop na die groot dag voel “surrealisties”. Haar enigste negatief is dat sy graag foto’s sou wou deel van hierdie wonderlike ervaring, maar soos alle sterre is daar ʼn muilbandklousule in haar kontrak totdat “My Matriekafskeid” op VIA, Kanaal 147, uitgesaai is.

Al drie die meisies het ʼn ware Aspoestertjie-ondervinding agter die rug en al waarvoor ons nou wag, is om te sien wie se glasskoentjie die prins gaan vind!

V.l.n.r. Michaela Wright, Ai-mee Ding, Camille Viviers. Diepragtige verkose deelnemers aan 'My Matriekafskeid'. Foto verskaf deur Krisit Steyn.


Commentaires


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page