"Get-a-way"-kamp oortref weer verwagtinge
- Carmine van der Westhuizen
- Oct 30, 2017
- 1 min read

Die "Get-a-way"-kamp het vanjaar weer vele Helpies se verwagtinge oortref. Hulle het op 22 Augustus, vol opwinding en hoë verwagtinge, na Klipkraal in Heidelberg koers gekies om stil te word in die natuur en te herlaai in die Almagtige Skepper se teenwoordigheid.
Henri Staal,‘n graad 10-leerder, vertel dat hy nie net baie van homself geleer het nie, maar dat hy ook sy verhouding met sy vriende en die Here op die kamp kon versterk.
Op hierdie onvergeetlike kamp het al die Helpies saam om die kampvuur gekuier. Isabella Venter wat in graad 8 is, sê: ” Die hoogtepunt van die kamp was toe almal om die kampvuur gesit en liedjies wat deur kitaar begelei is, gesing het.” Almal het saam gekuier en dus was daar die geleentheid om nuwe mense te leer ken asook bekendes weer nader te hark.
Die kamp het vanjaar weer op die bekende plaas, Klipkraal, plaasgevind. In die klein kliphuisie op die plaas het die Helpies lofliedere saamgesing en Henri sê dat hierdie vir hom kosbare oomblikke was. Hy vertel verder dat hierdie omblikke ook in die stilte en vrede van die plaas tydens stiltetyd te vinde was. Die kampeerders het elke oggend die kans gekry om êrens op die plaas te gaan sit en stiltetyd te hou.
Tyd alleen saam met ons Skepper in die natuurskoon bring weer perspektief en gee nuwe energie. Daarom voel die "Get-a-way"-kampeerders weer herlaai na die kamp en reg om in die derde termyn die bul by die horings te pak.
コメント