Bruin-truie doen dit weer!
- Die Sportkantoor
- Sep 28, 2017
- 1 min read

Helpmekaar se rugby het op ‘n hoogtepunt geëindig toe al vier ons spanne deurgedring het na die finale van die Virsekerbeker vir Grootskole. Die 0/14- en 0/16-span het ongelukkig in die finaal verloor teen onderskeidelik Hoërskool Ligbron en Hoërskool Transvalia. Die 0/15-span het ‘n naelbyt-oorwinning van 20-19 behaal teen die gunsteling, Hoërskool Transvalia.
Helpmekaar se eerstespan het hulle goeie seisoen voortgesit en Hoërskool Transvalia gemaklik met 52-24 geklop. Mark Snyman is in die finaal, vir die vyfde keer in ‘n ry, aangewys as speler van die wedstryd.
Ons wil veral hulde bring aan ons matriekgroep wat die volgende prestasies behaal het die afgelope vyf jaar:
Wen 5 agtereenvolgende trofeë in die Beeld en Virsekerreeks – die eerste keer in die skool se geskiedenis dat ‘n span dit regkry.
Hulle verloor slegs 8 van hulle 80 wedstryde die laaste vyf jaar, en verloor slegs een keer op Helpmekaar se veld!
Die span teken gemiddeld 42 punte aan per wedstryd.
Op die rugbyranglyste eindig hulle elke jaar in die Top 5 in Suid-Afrika.
Comments