`n Loopplank vol Helpie-styl
- Danielle Brink
- Jul 22, 2017
- 2 min read
`n Loopplank vol Helpie-styl Danielle Brink Vanjaar se modeparade, met die tema "An evening with Ralph Lauren", isop die 19de en 20ste Mei langs enop Helpmekaar se swembad aangebied.
Die perdrytema was orals duidelik sigbaar: van die Lepizaners in die ontvangsarea, tot die geheimsinnige, gesluierde ballet-jokkies wat die gaste in vervoering gehad het met hul mimiekbewegings.
Die aand het eenvoudig net almal se asems weggeslaan. ̇n Loopplank van 35m het oor die swembad gestrek. Tafels was met die fynste detail gedek. Dekor was só beplan dat die musiek nét reg weerklink het teen die mure. Die modelle het van agter die skerms verskyn en gelyk asof hulle vorentoe sweef op die maat van die musiek. Om die "drywende" gevoel aan te vul, is elke toeskouer ̇n vyf-ster, drie-gang maaltyd bedien en met ̇n gratis kombersie toegerus teen die koue.
So ’n aand verg haarfyn beplanning. "Ons beplan dié modeparade al van Januarie af," vertel juffrou Richelle Van Zyl. Die duurste rok wat ten toon gestel was, is R75 000 werd en weeg 23 kg. Daar het sewe verskillende ontwerpers hulle klere op die loopplank ten toon gestel: Yihan, Black Coffee, Rina, Gert, Suzaan, Fred en Nicky.Sekuriteitswagte het reeds die aand voor die eerste opvoering (Donderdag, 18 Mei) op die perseel geslaap om die veiligheid van die ontwerpersklere en dekor teverseker.
Die stres-vlakke agter die skerms was tasbaar met modelle wat histeries opsoek isna sykouse, of ̇n laaste stukkie lap wat "net gou-gou" aan die klere vasgewerk moet word. Om die onbeskryflike atmosfeer van hierdie twee besonderse aande te probeer vasvang inwoorde, kan ‘n mens ‘n hele woordeboek nader trek en probeer inspan. Maar, soos wat die seremoniemeester van die aand, Schalk Bezuidenhoudt gesê het: "Dit gaan nie Helpie."

Comentarios