top of page

Vroetelvoorwerp vir vermaak

  • Marié Mouton
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

‘n Splinternuwe vroetelobsessie het onder hoërskoolkinders posgevat –“fidget spinners” en “fidget cubes”.

Die aanvanklike doel van vroetelwieletjies was nie om onderwysers of ander leerders grensloos te irriteer nie, maar wel om aandagafleiding aan te spreek. Hierdie vroetel-voorwerpe is al twintig jaar gelede bemark om diegene te help wat sukkel om te konsentreer as gevolg van outisme, hiperaktiwiteit of angs. Die produkte was aanvanklik nie so gewild nie, maar in 2017 het dit weer op die mark (en onder skoolbanke) verskyn, en skielik begin almal vroetel.

Die vroetelkubus het ses kante met skakelaars, knoppies en platforms wat daarop draai en bevroetel kan word. Sy meer bekende (en goedkoper) boetie is die “spinner”, of te wel vroetelwieletjie. Dié draai vinnig in die rondte en kom in ‘n verskeidenheid groottes, kleure en materiale voor. Terwyl baie wonder wie R150 sal betaal vir ‘n eenvoudige wieletjie wat draai of ‘n blokkie met interessante knoppies daarop, spog eienaars onder mekaar wie se speelding die langste aanhoudend kan tol.

In ‘n bose wêreld met menigte versoekings is daar belangriker sake om jouself oor te bekommer as hierdie onskuldige vorm van tienervermaak. Die voorwaarde is egter om jou gevroetel buite die klaskamers te doen.

By Helpmekaar Kollege som ‘n skriftelike waarskuwing in een klaskamer die onderwysers se frustasie met dié speelding goed op: “Fidget in my klas en ek fidget die ding by die venster uit!


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page