Vangnet vir Helpies
- Carmine van der Westhuizen
- Jul 22, 2017
- 1 min read
Helpmekaar Kollege het ‘n nuwe vangnet in plek vir Helpies, naamlik die kinderleidingdepartement.
Adele du Plesis (opvoedkundige sielkundige), Iona Kotze, (opvoedkundige sielkundige), Lize Scholtz, (kliniese sielkundige) en dr. Lenette Kruger is die deskundiges met wie Helpies kan gaan praat.
Nicola Voster (graad 11) vertel dat sy bly is dat daar só ‘n sisteem in plek is by Helpmekaar Kollege. Sy vertel: “Hierdie stel my gerus, want daar is wel kinders wat ‘n behoefte daaraan het.”
Die entoesiasme van die kinderleidingspan is eie aan Helpie-wees. “Tydens hierdie dinamiese lewensfase word ons jongmense uitgedaag om ruggraat te toon, standpunt in te neem, op te staan, geleenthede aan te gryp, karakter te ontwikkel en hulself te ontdek.
"Die Helpie-kinderleidingspan is opgewonde om te ondersteun, te bemagtig, te vier, te hoor, te help en te begelei.”
Afsprake kan gemaak word by Tannie Gerda indien 'n Helpie van hierdie dienste gebruik wil maak.
Comments