Manjefieke Lirieke
- Heike Edeling
- Jul 22, 2017
- 1 min read

Die Heuwels Fantasties het uiteindelik hul musiekseile “iewers tussen Koeëlbaai en Alpha Centauri” met ‘ n splinternuwe album gespan. Al vier hulle vorige albums het binne ‘ n baie kort tydperk goue verkoopstatus bereik en alles is "OKAY!"
"OKAY!" is ook die titel van hulle vyfde album wat op die 5de Mei geloods is. Dit sluit oudergewoonte oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar hulle snoer ook kragte met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh saam.
Die eerste enkelsnit van die nuwe album "LED Liefde", wat einde 2016 vrygestel is, het in die voetspore van hulle vorige suksesse gevolg. Die liedjie se universele tema in hierdie digitale era, uitsonderlike klank en sinryke lirieke, het gou geresoneer by nuwerwetse asook lojale luisteraars. Pierre Greeff, lid van dié vars band, sê dat elke musiekalbum amper soos 'n fotoalbum vir hulle is. "Mens luister so half terug na hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ons wil graag hê dat ons musiek ’ n positiewe invloed op ons luisteraars het."
Die Heuwels slaag altyd daarin om hul aanhangers met skeppende klanke te verras enis"OKAY!" beslis baie meer as wat die album heet.
Commenti