top of page

Klofies kry dit hotagter

  • Shane Lottriet
  • Jul 23, 2017
  • 1 min read

Op Saterdag, 27 Mei, het die jaarlikse rugbykragmeting teen die Hoërskool Waterkloof by Helpmekaar Kollege plaasgevind. Waterkloof, ‘n makro-skool van Pretoria, het ‘n ryk rugbygeskiedenis en daar was reeds weke voor die tyd al ‘n duidelike opgewondenheid onder rugbyliefhebbers oor hiérdie dag. Van vroegoggend reeds was daar ‘n tasbare kompeterende atmosfeer in die lug, enis toeskouers getrakteer op netbal-, hokkie- en rugbyvertonings van hoogstaande gehalte.

Die dag het in Helpmekaar se guns afgeskop met ‘n telling van 27-7 vir die o.14 A-span. Kort daarna sou Helpmekaar se o.15 A-span met ‘n telling van 35-5 wen, met Waterkloof se o.16 A-span wat met ‘n wentelling van 24-19 van húl wedstryd wegstap.

Dit was egter die eerstespan se wedstryd waarvoor die hele skool gewag het. Al die Helpies was teen 12:00 op die pawiljoen vol afwagting, en is glad nie teleurgestel deur ‘n oortuigende wen vir Helpmekaar met ‘n telling van 45-8 nie.

Francois Jansen van Vuuren, Helpmekaar se eerstespan-buitesenter, meen dat die ondersteuning van die skool vir die span se sukses op die veld belangrik is, want dan speel hulle nie net vir die span se trots nie, maar vir die skool se trots ook.

“Dit het vir ons baie selfvertroue gegee vir die wedstryde vorentoe, want Waterkloof is ‘n span wat hoog geag word in skolerugby,” sê hy.

Dameon Venter systap die Waterkloofhordes terwyl kaptein Mark Snyman toekyk. Foto verskaf deur Photo Finish SA.

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page