top of page

Klaarblyklike intellek

  • Melissa Fourie
  • Jul 23, 2017
  • 2 min read

Ons leef in ‘n veranderende samelewing waar niks vir te lank dieselfde bly nie, maar hoekom, in ons innoverende samelewing bly ons denke deur en deur dieselfde?

Ons as mense is so gekondisioneer om wiskundige en wetenskaplike mense, of eerder mense wat daarvoor aangelê is, as die ‘slim’ mense van die wêreld te sien, maar sodra iemand die kunste bo wetenskap en syfers kies, word hulle gesien as minder intellektueel.

Dit het die norm in vandag se samelewing geword om wiskunde en wetenskap as die maatstaf van intellektuele kapasiteit te sien. Daar word net aangeneem dat diegene wat uitblink in dié vakke, linkerbrein-profiel mense is en mense wat uitblink in die kunste ‘n regterbrein-profiel aanneem. Daar is ‘n groot wanpersepsie oor die kunste dat dit slegs prentjies teken en die bou van kleibeelde behels, en dat drama net gedigte en die opvoer van monoloë is, maar in die werklikheid verg die kunste ‘n emosionele intellek en ‘n bewustheid van mens se emosies.

Die kunste is nie reg of verkeerd, swart of wit nie. Maar hoekom, ten spyte an hierdie ‘ander’ tipe intellek, word die kunste as minderwaardig gesien? Die antwoord is eenvoudig.

Die kunste floreer in die grys areas van die samelewing, waar enige iets kan reg wees. Die kunste handhaaf ‘n ander soort kompleksiteit as numeriese en wetenkaplike vakke en die rede hoekom ons dié vakke as die ‘slim-mens’ vakke sien, is omdat die onderskeid tussen reg of verkeerd duideliker is.

‘n Som is reg of verkeerd, maar die kunste se maatstaf is anders. Ten einde kan mens nie wiskunde en wetenskap teenoor die kunste opweeg nie, want beide verg intellek, beide verg ongelooflike vermoëns, maar die típe intellek en vermoëns verskil.

Miskien is dit waar ons as samelewing nog moet leer dat mense verskil, maar dié verskille is juis waar klaarblyklike intellek vasgevang word.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page