top of page

Hoe mooi is die lewe

  • Karla Jonker
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Jy moet jouself daagliks herinner hoe bevoorreg jy is. Jy het ‘n liefdevolle familie, jou toekoms is as sukses gewaarborg en is in jou hande geplaas sonder moeite, jy kan ‘n normale, vindingryke lewe leef.

Jy moet elke dag met opgewondenheid uit God se hand ontvang en dit ten volle benut. Jy moet lewe, nie net bestaan nie. Die digter van Psalm 118:24 sê : “Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees.”

Dit wat jy nie gebruik nie, gaan dood. Het jy al ooit gedink hoe mooi die alledaagse lewe eintlik is? Hoe alles wat ons elke dag as vanselfsprekend aanvaar, so fassinerend is?

Daag jouself uit om oor die oorsprong van dinge te begin dink en hoe hulle gekom het waar hulle vandag is.

Moet nie net elke dag aangaan soos die vorige nie, maar vind uit, dink en wees dankbaar. Voor jy in die oggende uit die bed klim, is daar klaar ten minste vier wonderwerke waarvoor jy kan dankbaar wees. Het jy al ooit gedink aan die dinge wat ons elke dag sien, maar nie agterkom hoe absuluut fantasies die oorsprong daarvan is nie? Hoe die son elke oggend oor die bome vir ons loer as ons skool toe ry of hoe waterdruppels van die aarde kondenseer sonder dat ons dit sien en in die vorm van neerslag weer terug aarde toe val. Hoe die Here ons elkeen se lewens al klaar uitgelê het.

Uit dankbaarheid vir ons bevoorregde lewens moet ons voluit en gelukkig lewe. Ons moet so veel moontlik oor die lewe uitvind en nooit ophou leer nie.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page