Helpies staan nie alleen teen skooldruk nie
- Caitlin Barkhuizen
- Jul 23, 2017
- 2 min read
Die Helpies is beslis bewus van die druk wat ons daagliks ervaar. Dit verbaas ons egter nie meer as daar studente is wat onder die druk van sport, kultuur en akademie, knak nie. Die vraag blyk egter of dit ook so in ander skole is?
Volgens Cameron Coetzer, ‘n matriekdogter in Hoërskool Dinamika, is dit nie net die Helpie-volk wat aan veeleisende programme moet voldoen nie. Sy presteer nie net akademies nie, maar neem ook aan die Eistedfodd deel en sy speel boonop hokkie. Volgens haar is die oorsaak van die toenemede druk op leerders die verwagtinge wat vir ons geskep word deur ons ouers, onsself en die skool. Dit gebeur al hoe meer dat leerders groot hoeveelhede werk ontvang en dan ‘n verkorte periode gegee word om dit te voltooi. Alhoewel die matrikulante dikwels oor hierdie verhoogde druk kla, word dit deur talle, soos Zander Lintvelt `n matriekleerder van Helpmekaar Kollege, beskryf as die enigste manier om jou doelwitte te bereik, as dit korrek hanteer word.
Gelukkig is daar maniere om die druk te hanteer en dit tot jou voordeel te gebruik. Cameron Coetzer sê verder dat dit bloot deeglike beplaning vereis. Dit is egter ook belangrik om te onthou om te rus. Al wil dit nie voorkom of daar tyd vir rus te vinde is nie, is dit al manier om jouself van die toenemde druk te red.
Die raad wat die huidige matrieks aan toekomstige matrikulante kan gee, is om te rus eerder as om tou op te gooi. Alhoewel dit soms wil voorkom of Helpies die enigstes is wat hierdie verhoogde druk ervaar, kom dit regoor die land voor en is daar maniere om hierdie druk te oorleef.
Comments