Helpies kraai koning by die ATKV-debat
- Caitlin Barkhuizen
- Jul 23, 2017
- 1 min read

Op 26 en 27 Mei het sewe van Helpmekaar se debatspanne by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria aan die landswye semi-finaal rondte van hierdie kompetisie deelgeneem.
Skole soos Afrikaans Hoër Seunskool, Menlopark, Monument, Noordheuwel en Afrikaans Hoër Meisieskool was maar net sommige van die opponente in die strawwe kompetisie. Twee van Helpmekaar se junior spanne en een senior span het tot by die finale rondte van hierdie kompetisie deurgedring .
Pieter le Roux, Hanri Lourens, Jené Becker en Charlie de Kock, Nina Marais en LizeLi Smith is die twee spanne wat die Helpie-naam hoog hou in die junior-afdeling van die ATKV-debatskompetisie. Hulle staan egter nie alleen nie en Henri Staal en Eduan Beukman, lede van die seniorspan, tree as algehele wenners uit die stryd van die seniorkompetisie.
Debat behels die voorbereiding van ‘n onderwerp waar jy vir óf teen die gegewe standpunt staan. Sommige van die onderwerpe van die finaal is; protesaksies bevorder ons demokrasie, en BTW behoort verhoog te word om ekonomiese ontwikkeling te bevorder.
Die landsfinaal vind op 12 Augustus te Goudini Spa in Worcester plaas.
Comments