Helpie-hokkiekêrels klop knapskole by Aitken- en Boden
- Heike Edeling
- Jul 23, 2017
- 1 min read


Draf, dribbel en doele skiet was van die Helpie-hokkiekêrels se stokstreke by vanjaar se Aitken- en Bodentoernooi wat die naweek van die 12de tot die 14de Mei plaasgevind het.
Bernard Burger (graad 12), kaptein van die eerstespan, sê dat na ‘ n opwindende en angs-bevange laaste wedstryd soos dié teen Hoër-skool Noordheuwel, die telling - of wat ander mense van die span sê - nie saak maak nie. “Ons is nie net ’ n span wat saam speel nie, maar ook één Bruin Reus wat vir mekaar speel.”
Dié laaste wedstryd was inderdaad ‘ n spanningsvolle gebeurtenis aangesien Helpmekaar na die halftydfluitjie met twee doele agter was.” Gelukkig het Gerhard du Toit en Daniël Davel (graad 11) vinnig hierna elk ‘ n broodnodige doel aangeteken.
Die “8 seconds”-reël het ingeskop nadat die twee spanne gelykop geëindig het. Wéér eindig Helpmekaar en Noordheuwel gelykop met drie doele elk, en is die spel uiteindelik tydens “sudden death”-uitkloprondte met ‘ n oorwinnende doel deur kaptein Bernard Burger beëindig.

Ten spyte van die yskoue sterk winde en reën tydens die toernooi het die seuns nooit moed opgegee nie. Dit toon baie van ‘ n span se ingesteldheid - die “Helpie-guts” - om hul laaste twee wedstryde in onweer te wen.
Die eerstespan het algeheel 13de in die Aitkentoernooi geëindig, terwyl die o.15-span ongelukkig ‘ n paar harde lesse in die Bodentoernooi geleer het en terug na die B-bondliga moes skuif.
Mnr. Max, organiseerder van die sport, is egter vol vertroue dat Helpmekaar volgende jaar beter sal vaar en weer na die A-bondliga kan terugskuif.
Comments