Die verhoog vereenvoudig
- Jana Basson
- Jul 23, 2017
- 1 min read
Om in ‘n film of toneelstuk te speel kan baie senutergend wees en daar is spesifieke vereistes waaraan voldoen moet word vir `n optrede om suskesvol te wees.
1. Jy moet genoeg tyd spandeer om die dialoog te memoriseer sodat dit lyk asof dit jou eie woorde is, en asof jy dit doodnatuurlik vir die eerste keer in jou lewe sê.
2. Jy moet ten alle tye bewus wees van al die elemente wat ‘n rol speel in ‘n toneelstuk: van jou eie karakter tot hoe lank jy moet wag vir die gehoor om klaar te lag.
3. Jou karakter moet eg en geloofwaardig wees, maar ook terselfdertyd dramaties genoeg sodat dié aan die agterkant van die teater ook die ware emosies kan beleef.
4. Op ‘n filmstel is die emosies meer intiem en jy moet aanvaar dat hierdie intieme oomblikke oor en oor met die regisseur, grimeerkunstenaar en elke tegniese lid gedeel gaan word.
Ruan Wessels, ‘n 20-jarige akteur, sê dat drama die geleentheid bied om al die diverse kleure van die menslike spektrum uit te beeld op‘n manier wat almal nie net verstaan nie, maar boonop kan geniet. Die belangrikste faktore van drama is dus die oomblikke voordat die vertoning begin...
Comments