BOEKRESENSIE: Verken wetenskapsfiksie soos nooit tevore
- Neale Berkenbosch
- Jul 22, 2017
- 1 min read

The Hitchhiker's Guide to the Galaxy
Skrywer: Douglas Adams
Uitgewer: Pan Books
Koste: Circa R300
Datum van vrystelling: 12 Oktober 1979
Flitse-toekening: 5 sterre
“The Hitchhiker's Guide to the Galaxy” is die handleiding van (swak) analogieë en is net ‘n paar bladsye minder as dié van die HAT.
Die sage begin waar die aarde tot ‘n einde kom. Die boek vertel hoe Arthur Dent, ‘n hardkoppige Brit, in sy japon deur die sterrestelsel ryloop. Adams se geniale wetenskapfiksie wat eksentrieke onderwerpe op die snaaksste manier moontlik te verduidelik. ‘n Mens wil nie graag die boek neersit nie, maar moet om die arms ruskans te gee.
Die storie het aspekte wat te bekend lyk in vandag se politiek en het dus ‘n satiriese eienskap, “Anyone who is capable of getting themselves made President should on no account be allowed to do the job.”
Die storie verloop vinnig en inspireer mens om die lewe bietjie meer te geniet. Die boek het meer as 14 miljoen kopieë verkoop, seker omdat die mengelmoes van skerpsinnige humor en absurde konsepte enige leser kan bekoor.
Comentários