Betogings boikot eksamen
- Kirsten Phillips
- Jul 23, 2017
- 1 min read
Op 3 April vanjaar is die laaste dag van Helpmekaar se Aprileksamen na die tweede termyn uitgestel weens ‘n Anti-Zuma protes in die stad.
Nadat Mnr. König dit goed deurdink het, het hy die eksamens wat op 7 April sou plaasvind, geskuif na die 4de Mei – die eerste Donderdag na die Helpies se April-vakansie. Dit het beteken dat die matrieks onder andere ‘n vier-weke lange studieverlof gehad het vir hul Wiskunde- en Wiskunde Geletterdheidsvraestelle.
Die Helpie-Flitse het gaan ondersoek instel om vas te stel of die lang vakansie voor die skryf van hierdie vakke‘n invloed gehad het op die gemiddeldes daarvan. Het die matrieks die vakansie gebruik om harder te leer, of nie?
Navrae het getoon dat die Wiskunde-leerders ‘n gemiddeld van 61,5% behaal het en die Wiskunde Geletterdheid leerders 74,2% – die hoogste in die afgelope drie jaar.
Alhoewel die Wiskunde Geletterdheid gemiddeld so hoog was, sê juffrou Karen Stapelberg, “Dit is moontlik dat die gemiddeld hoër is, nie noodwendig as gevolg van die langer tyd wat hulle gehad het om te leer nie, maar omdat vanjaar se matriekgroep akademies sterker is.”Alhoewel die Wiskundepunt ‘n afname getoon het, reken Juf. Lorraine Janson, Wiskundevakhoof en meesteronnie, dat die lang vakansie voor die skryf van die eksamen nie ‘n genoegsame rede hiervoor was nie.
Maar ongeag wat die punte en die onderwysers sê is die meeste leerders dit eens dat ‘n eksamen vóór die vakansie die beste opsie bly.

Comments