Ave Atque Vale
- Danielle Brink
- Jul 23, 2017
- 2 min read

Die matrieks van 2017is die laaste jaargroep wat Latyn as vak by Helpmekaar kan hê –‘n besluit wat reeds in2015 geneem is. Met akademiese reuse en interessante karakters soos James Clarke, Hyla Fourie, Mia Lombard en George Phillips isdit duidelik dat die weglating van dié vak uit die skool se kurrikulum ‘n groot leemte gaan agterlaat.
George Phillips vertel dat "Latyn nie noodsaaklik is vir die alledaagse lewe nie, maar dat dit baie belangrik isasjy meer van die alledaagse lewe wil weet. Tale, biologie en regte het alles te doen met Latyn." As‘n mens Mediese- of Biologiese Wetenskappe wil gaan studeer, help dit baie om ̇n Latynsewoordeskat te hê. By Tukkies studeer al die Mediese studente vir 6 maande Grieks enLatynse woordeskat. Name soos Pro Vita, Lux, Lego, Nivea, Ultra Mel en Acer is voorbeelde van suiwer Latynse produkname. Ongeveer 65% van Engelse woorde het ̇n Latynse oorsprong, soos carpe diem, alma mater, en bona fide. Latyn leer mens om meer krities oor die betekenis van woorde tedink.
"Mens verstaan die oorsprong en betekenis van woorde wat afkomstig van Latyn is, selfs al het jyhulle nog nooit van tevore gesien nie," sê James Clarke. Byvoorbeeld, die woord "manus" betekenhand, en daaruit kan mens die Engelse verbuigings "manual", "manuscript", "manufacture", "manicure" ensovoorts aflei. Verder het baie tale dieselfde woordstamme, en vergemaklik basiese Latynse kennis die aanleer daarvan.
Juf. Marthie Kruger, Oud-Helpie en Latynse meesteres, het self Latyn op skool gehad en ook haar meestersgraad daarin verwerf. "Latyn was nog altyd deel van my lewe gewees," vertel sy. In2013het Juf. Marthie vir mnr. König gevra ofsy weer ’n Latynse groepie in die skool mag stig nadat die vak sedert 1989 nie aangebied is nie. Sy gee ook klas by UJ en bied lesse per "Skype" aan, en help ook elke nou en dan iemand wat privaat klasse wil hê.
"Ek is regtig hartstogtelik lief vir Latyn, enek glo indie waarde wat dit het in enigekindseopvoeding," veritas so reg uit juffrou Martie semond.
Comentarios