‘Dis ‘n lewenstyl, nie ‘n dieet nie’
- Eduan Beukman
- Jul 22, 2017
- 2 min read

“Ons bedien slegs soja-of rysmelk, hierdie is ‘ n vegan restaurant.” Dié woorde was my eerste ondervinding met veganisme toe ek 7 jaar oud was. Na daardie dag in‘ n klein restaurantjie in Linden, Johannesburg is hierdie onderwerp egter stil gelaat. En vandag is veganisme een van die grootste tendense onder millenieurs en tieners. Maar wat behels dit dan nou eintlik om ‘ n vegan te wees?
Vivienne Janse van Vuuren (graad 11), 'n trotse vegan, sê: “Om ‘ n vegan te wees behels nie net ‘ n dieet nie, maar ‘ n leefstyl. Dit beteken nie nét dat jy geen diere of byprodukte van diere eet nie, maar ook geen produkte gebruik wat op diere getoets word nie.”
Om ‘ n vegan te word is nie net ‘ n oornag-oorgang nie, maar ‘ n totale lewensstyl verandering. Sy voer verder aan dat haar nuwe lewenstyl verskeie positiewe gevolge gehad het. “Die veranderinge wat ek waargeneem het, was dat ek baie minder puisies gekry het, ek het baie gewig verloor en meer energie gehad omdat ek my liggaam fuel met die regte kos.”
Volgens K. Aleisha Fetters, bekende leefstylskrywer en gesondheidskundige van die VSA is dit van kardinale belang om mooi op te let na wat jy inneem indien jy ‘ n vegan wil wees. Sy sê verder dat baie mense nie lank uithou as vegans nie weens die feit dat hulle nie die nodige voedingswaarde inkry met hulle selfgeskepte vegan-diëte nie. Daarom glo sy dat deeglike navorsing oor wat mens moet en kan opdis ook baie belangrik is indien jy hierdie verander ing wil ondergaan.
“Diere is nie ons s’ n om te eet, dra, gebruik vir genot of op te eksperimente nie”‘ n slagspreuk van die PETA (People for the Ethical Treatment of Animals) wat prominent op hulle webtuiste geplaas is. Dit is hier waar die top-10 redes waarom mense vegan moet word, gepubliseer is. Hierdie redes sluit in, ‘ n gelukkiger en gesonder jy, smaakliker kos, ‘ n goeie lyf en ‘ n meer energieke lewenslus.
Boonop is en was verskeie bekendes soos Brad Pitt, Isaac Newton, Albert Einstein, Ariana Grande en Natalie Portman ook trotse vegans.
In ‘n moderne wêreld waar verandering die enigste konstante is, gee positiewe tendense soos dié lewenswyse hoop vir vele mense wat poog om meer gesond te probeer leef. Buitendien maak jy op ‘ n individuele vlak ‘ n reuse verskil vir baie diere.
Komentarai