top of page

Wynfees oortref stoutste verwagtinge

  • Heike Edeling
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Die 15de Junie 2017 is nog ’ n goue gebeurtenis, die Festa di Vino – die eerste Helpmekaar-wynfees, en ook die grootste fondsinsamelingsprojek nóg – in die Helpie-geskiedenisboek aangeteken.

Andries Brink, organiseerder van die swierige wynfees, vertel dat die wynfees ten doel was om geld in te samel vir een van ons skool se droomprojekte: ‘ n toekomsgebou wat teen die eeufeesvieringe in 2021 voltooi sal wees.

Die spoggerige aand is in volle “gloria” deur 24 gasouers en hul gaste bygewoon. Daar is baie gebie, baie gelag, en nog meer gebie. ’ n Kolossale bedrag van R 1 300 900 is tydens die verloop van die aand ingesamel. Daar is ook vooraf besluit om die laaste bod van R50 000 aan slagoffers van die tragiese Knysna-brande te skenk.

Nes goeie rooiwyn, ondergaan Helpmekaar tans ’ n trotse fermentasieproses en sal die nasmaak van hierdie suksesvolle aand nog lank in die progressiewe Helpie-gange weergalm.


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page