top of page

Vriende wat saak maak

  • Nina Mostert
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Helpmekaar is nie net bekend vir sy uitstekende sportsterre nie, maar ook vir sy lojale, geesdriftige ondersteuners: die Vriende van Helpmekaar.

Jaar na jaar maak talle Oud-Helpies, ouers en ouers van Oud-Helpies ’ n draai by die Reus op die Bult om die “magic net nog een keer te beleef”. Dit is veral sportdae, soos die Affies- of Jeppewedstryde, wat groot getalle Helpmekaar-ondersteuners lok.

Die pawiljoen is dan tjok-‘n-blok vol en die laatslapers moet maar ’ n plekkie op die gras vind. Die Vriende van Helpmekaar is ‘n integrale deel van die skool. Geen Helpie-meisie sal haar beste kan lewer indien Mamma nie getrou langs die netbalbaan of hokkieveld skree nie. Geen Helpie-seun sal sonder sy pa - wat lyk asof hy enige oomblik self die bal gaan optel en speel –sybeste kan lewer nie. En geen hart is meer trots as die Helpie-hart wanneer Oud-Helpies die skoollied uit volle bors saamsing nie.

Tydens ’ n onderhoud het Zandré Kruger, voormalige sportster van die Bruin Truie (2016), gesê dat daar iets spesiaal en uniek is aan die skool wat maak dat Oud-Helpies moeite doen om die skool te kom ondersteun.

Drie hoera’s vir die Vriende van Helpmekaar.


Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page