Só verdamp jou gesondheid
- Jacques Peacock
- Jul 22, 2017
- 2 min read
Risiko’s van ons metro-wêreld is onafwendbaar. Een van hierdie risiko’ s is besig om tieners se gesondheid te verwoes. Die gebruik van e-sigarette het die afgelope vyf jaar onder wêreldburgers (en tieners) drasties toegeneem. Vaping verwys na die in- en uitaseming van aërosoldamp wat deur 'n elektroniese sigaret of enige soortgelyke toestel vervaardig word.
Dit lyk asof die gebruik van e-sigarette meer gesondsheidsrisiko’ s as tabakrook inhou.
Die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming in die VSA het in 2015 reeds bepaal dat 13,6% van alle Amerikaanse tieners al e-sigarette gerook het. Dít dien as ‘ n leidende aanwyser van wat in lande soos Suid-Afrika aan die gebeur is.
Die Amerikaanse Departement van Gesondheid en Menslike Dienste het ‘ n verdoemende verslag oor die gebruik van e-sigarette onder die jeug en jong volwassenes uitgereik. Die grootste gesondheidsrisiko staan algemeen bekend as Popcorn Lung. ‘ n Aktiewe bestanddeel in die vloeibare geurmiddels van e-sigarette, diacetyl, veroorsaak dié kwaal. Met inaseming, veroorsaak diacetyl bronchiolitis obliterans - beskadiging van die klein lugsakke in die longe wat tot die verdikking en vernouing van die lugweë lei.
Tydens ‘ n gesprek oor die gebruik van e-sigarette, het Helpmekaar Kollege se hoof , mnr. Klaus König, die rook van e-sigarette met diefstal en seksuele aanranding vergelyk. “Ons weet mos dis nie reg nie”, het dit klinies deur die kamer weerklink.
Ander prominente risiko’ s waarteen ‘ n verslag deur Jasinka et al. (2014) waarsku, is onder andere aandag- en kognisieprobleme en die vorming van gemoedsversteurings. Die verslag het ook die werking van nikotien, wat verskeie biologiese weë kan aktiveer, en die nadelige gevolge van nikotien blootstelling gedurende adolessensie - ‘ n stadium van hoë breinontwikkeling - op intellektuele en emosionele ontwikkeling, ondersoek.

Comments