top of page

Oupa en Ouma sit op die stoep

  • Anja Steyn
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Net soos in enige familie is daar ook in die Helpie-familie oupas en oumas. Oftewel, eintlik net

oumas. Juffrou Elsabe, Lida, Linda Peacock en Maria Christelis beklee almal met trots hiérdie titel. Dit is verder ook verblydend om te weet dat van ons onnies ook ‘n lewe buite Helpmekaar het...

Juf. Lida Smith saam met haar kleinkinders Daniella, Gordon en Devon. Foto verskaf deur Juf. Lida.

Juffrou Lida Smith vertel in ‘n onderhoud met die Helpie-Flitse van haar drie kleinkinders, Daniella, Devon en Gordon. Hulle sien mekaar elke naweek en geniet dit om saam te fliek, televisie te kyk, te stap of sommer net te gesels.

Die pragtige Juf. Linda met haar twee oogappels: Karlien Swindon (2) en Stefan Botha (4). Foto verskaf deur Jacques Peacock.

Juf. Linda Peacock en haar twee kleinkinders, Stefan en Karlien, geniet dit om baie te speel, op uitstappies dieretuin toe te gaan en om te hardloop en te verf. Sy sien hulle ook elke naweek, natuurlik tussen al die kultuur- en netbalaktiwiteite deur.

Al die onnies met kleinkinders is baanbrekers in hul velde. Miskien is dit slegs per toeval, maar met grysheid kom definitief wysheid.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page