Oud-Helpie maak naam: Johannes van Rensburg
- Karla Jonker
- Jul 22, 2017
- 1 min read

Johannes van Rensburg is ‘n suksesvolle entrepreneur en patenthouer. Hy het in 1980 aan Helpmekaar Seunskool gematrikuleer en het ‘n Meestersgraad in Ondernemingsbestuur (M.Com) aan die universiteit van Johannesburg verwerf.
Volgens hom het die dissipline en positiewe werksetiek van Helpmekaar beslis bygedra tot sy hedendaagse sukses as internasionale besigheidsman. Sy raad aan vandag se Helpies is: “Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie.”
Johannes en sy vennoot bestuur die hardewaremaatskappy EUREKA wat tans in sewe lande besigheid doen. Die bruin en oranje EUREKA-pakkies skroewe, moere en ander “DIY-gadgets” is alombekend en kan in negentig persent van hardewarewinkels in Suid-Afrika gevind word.
Soos gesien uit Johannes se suksesverhaal staan Helpies nie terug in die besigheidswêreld nie, en is die Helpie-fondasie sterk genoeg om reuse te dra.
Comments