top of page

Om werklik ‘n verskil te maak

  • Carla Botes
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Die Abraham Kriel Kinderhuis is 'n geloof- en liefdadigsheidsorganisasie wat op 'n daaglikse basis sorg bied aan getraumatiseerde kinders en jeug in nood in die groter Johannesburg area.

Daar is fisiese sorg-, rehabilitasie- en opvoedkundige programme vir alle kinders tot en met die ouderdom van 18 jaar. Daar word vir ongeveer 1 000 kinders sorg gebied wat onderworpe is aan trauma, mishandeling en verwaarlosing.

Nadat een van die vrywilligers, Belinda Smal, 'n ten volle toegeruste biblioteek op die hoofkampus in Langlaagte gestig het, word al die kinders nou van vroeg af geleer om te lees en skryf. Om te leer lees en skryf is nou een van die mees geliefde aktiwiteite op die kampus vir die studente. "Boeke dien vir die kinders as 'n uitlaat vir hul frustrasies" sê een van maatskaplike werkers by die kinderhuis.

"Baie, baie dankie aan die wat geleenthede vir my geskep het en vir my geleer het – slegs jy en jy alleen is in beheer van jou keuses en jy moet kies om 'n wenner te wees." sê Lerato, 'n vorige inwoner van die kinderhuis.

"Die kinders laat jou voel asof jyself weer 'n kind is en laat jou elke keer vergeet van jou daaglikse lewe," sê 'n vrywilliger van Duitsland.

Die kinderhuis is in 1902 gestig om te help om die honderde kinders wat wees agtergelaat is na die Boere-oorlog, ‘n veilige heenkome te gee. Hierdie welwillendheid van die gemeenskap leef vandag steeds voort en daar word steeds daagliks vir kinders nuwe vaardighede aangeleer om hulself vir die toekoms te bemagtig.


コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page