Niesminuut
- Shane Lottriet
- Jul 22, 2017
- 1 min read

‘n Vermaaklike saalperiode was bloot ‘ n mite voor die bekendmaking van Gustav se “niesminuut”. Gustav Theron, ‘n matriekleerling en die aanbieder van die “niesminuut”, kry elke Maandagoggend die geleentheid om sy humoristiese video’s en staaltjies met die Helpies te deel.
Hierdie video’s en “niesflitse” bevat heerlike skindernuus en dapper stellings wat die gewone Helpie te bang (of te slim) is om hardop te uiter.
Gustav het sy eerste video op die ouderdom van vier gemaak, en volgens hom het hy sy inspirasie van ‘ n oud-Helpie gekry wat in vroeër jare ‘ n soortgelyke item opgevoer het.
“My vriende speel eintlik ‘ n groot rol in die proses, want as daar ‘ n grap is waaroor ek nie seker is nie, sal ek hulle altyd daaroor vra en ek vertrou hulle, want tot dusver het almal gelag vir dít wat ek gehoop het hulle voor sal lag,” sê Gustav.
Comentarios