top of page

Filosofie 101

  • Eduan Beukman
  • Jul 22, 2017
  • 2 min read

‘n Mens bestaan uit twee komponente, naamlik die liggaam en verstand. Deur te poog om hierdie twee aspekte ten volle te benut, is eintlik maar al waaroor die lewe gaan. In aansluiting met Rene Descartes (Franse filosoof uit die 1500’s) het Immanuel Kant, die bekende Duitser in diesélfde veld sowat 200 jaar later, gesê dat logika die hoofbron vir moraliteit is.

Die deurlopende goue lyn lê dan egter by die mens, dit is altans waaroor alles gaan. Die groot vraag is: wat is dan die punt van die lewe? Boeke en joernale is reeds hieroor geskryf, met vele ‘kenners’ wat glo hul antwoorde is die beste. Daar was pessimiste soos Jean-Paul Satré wat beweer het dat die lewe heeltemal absurd is en die dood nog meer, aangesien dit ‘n einde bring aan alles waarna ons lewens opgebou het.

Dan was daar ‘n optimis soos Gottfried Wilhelm Leibniz van Duitsland (bekend vir sy bydrae in Wiskunde) wat aangevoer het dat ons wêreld se foute en weglatings ook sal voorkom in enige ander wêreld, aangesien God, wat alwetend is, nie ‘n onvolmaakte wêreld sou skep as ‘n beter wêreld aan Hom bekend was of bestaan het nie.

Daar is diegene wat in die teorie van presentisme glo, wat daarop dui dat lewe in die toekoms en verlede nie bestaan nie, en dat slegs die spesifieke hede van toepassing is.

Dit beteken dat sodra ‘n woord klaar gelees is dit nie meer bestaan tot jy weer daarna kyk nie. Aangesien tyd nie voor en agter ons kan wees nie, maar volgens die teorie van fenomenaliteit het enigiets slegs gebeur as dit waargeneem word.

Of die ongehoorde val van ‘n boom wel ‘n geluid maak en of ons idee van verlede en toekoms alles uitgedink is en slegs die realiteit van die spesifieke hede relevant is, weet ons minstens een ding vir seker; filosowe is en was mense net soos ek en jy, en hulle teorieë slegs ink op papier wat jy daarmee maak, is in jou hande.


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page