Dié Helpies kan ‘n slag slaan!
- René Lourens
- Jul 22, 2017
- 1 min read

Veg of vlug... As daar tussen veg of vlug besluit moet word, is daar heelwat Helpies, met verskuilde talente in verskeie vegkunste, wat nie sal skroom om eersgenoemde te kies nie. Die Helpie-Flitse het ondersoek ingestel na die aspirant samurai-vegters en Bruce Lee-dissipels onder ons.
Alec du Plessis (graad 11) beoefen nou al vir 8 jaar Karate en is die spreekwoordelike voorbeeld van harde werk wat beloon word. In 2014 het hy twee goue medaljes verower by die SA-kampioenskappe, en verlede jaar het hy die Gauteng-span gehaal met ‘n Junior Swart-belt.
“Judo is ‘n geweldige dinamiese fisiese kontaksport wat beide fisiese vaardighede en geestelike dissipline vereis.” So sê Jean Slabbert (graad 10). Jean doen al van vyf-jarigeouderdom af Judo en 2015 het hy ‘n eersteplek op die nasionale kampioenskappe behaal. Hy het op die ouderdom van 14 sy Bruin-belt gekry.
Aleida de Bruyn (graad 11) het aan die begin van die jaar begin boks by die Fight Club, en bewys aan elkeen van ons dat dit nooit te laat is om te begin nie. Dit hou haar fiks en verbeter ook haar prestasies in ander sportsoorte.
Elkeen van hierdie atlete is dit eens dat vegkuns ‘n groot bydrae lewer tot selfdissipline en ‘n persoonlike gevoel van “achievement”.
Comments