top of page

Beauty and the Beast; 'n Sprokie in Kleur

  • Kirsten Phillips
  • Jul 22, 2017
  • 1 min read

Hierdie jaar se Beauty and the Beast-kompetisie het die vorm aangeneem van ‘n skouspelagtige kleurontploffing. Tien graad 11 en 12 seuns en dogters het op die 12de Mei hul beste voetjies voorgesit in die hoop om met dié gesogte titels weg te stap.

Die verrigtinge van die aand het afgeskop met ‘n ingeoefende groepsdans wat die tema “Kleur” aan die kykers bekend gestel het. Daarna is die eerste punte vir die aand verdien in die informele kategorie. Die paartjies het ook die geleentheid gehad om hul eie kleur te demonstreer in die paartjiedanse. Formele drag en `n senutergende vraagsessie het die aand afgesluit. Gaskunstenaars soos Charl du Toit

en Wessel Krige het die gehoor vermaak. Bernard Burger en Cezanne Coetzee, wat die ander deelnemers deurgaans opgehelder het met hul positiewe energieë, is aangewys as Meneer en Mejuffrou Persoonlikheid. Antoné Adlam en Marco Claasens het erkenning ontvang vir hul talente agter die lens en is as Meneer en Mejuffrou Fotogenies gekroon. Maar die belangrikste titels, dié van Beauty en Beast 2017, het aan Antoné Adlam en Bernard Burger gegaan.

Juf. Annemarie Venter, organiseerder van Beauty and the Beast, sê hierdie jaar se finaliste was van die beste waarmee sy nóg gewerk het, en juf. Adel Dickens is van mening dat Douw Steyn en Antoné Adlam se paartjiedans die beste van al die jare se probeerslae was.

Die vriendskapsbande en herinneringe wat vanaf die eerste oefening tot en met die groepfoto aan die einde van die aand gesmee en gekweek is, sal vir elke deelnemer nog lank kosbaar en onvergeetlik bly.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page