top of page

Helpie-hokkiekêrels klop knapskole by Aitken- en Boden

  • Heike Edeling
  • Jul 12, 2017
  • 1 min read

Theo van Zyl met 'n vryhou tydens die wedstryd teen Northcliff High. Foto geneem deur Ivan Harkema.

Draf, dribbel en doele skiet was van die Helpie-hokkiekêrels se stokstreke by vanjaar se Aitken- en Bodentoernooi wat die naweek van die 12de tot die 14de Mei plaasgevind het.

Bernard Burger (graad 12), kaptein van die eerstespan, sê dat na ‘n opwindende en angsbevange laaste wedstryd soos dié teen Hoërskool Noordheuwel, die telling - of wat ander mense van die span sê - nie saak maak nie. “Ons is nie net ’n span wat saam speel nie, maar ook één Bruin Reus wat vir mekaar speel.” Dié laaste wedstryd was inderdaad ‘n spanningsvolle gebeurtenis aangesien Helpmekaar na die halftydfluitjie met twee doele agter was.” Gelukkig het Gerhard du Toit en Daniël Davel (graad 11) vinnig hierna elk ‘n broodnodige doel aangeteken.

Niks so motiverend soos 'n bietjie broederliefde nie. Foto's geneem deur Heike Edeling.

Die “8 seconds”-reël het ingeskop nadat die twee spanne gelykop geëindig het. Wéér eindig Helpmekaar en Noordheuwel gelykop met drie doele elk, en is die spel uiteindelik tydens “sudden death”-uitkloprondte met ‘n oorwinnende doel deur kaptein Bernard Burger beëindig.

Ten spyte van die yskoue sterk winde en reën tydens die toernooi het die seuns nooit moed opgegee nie. Dit toon baie van ‘n span se ingesteldheid - die “Helpie-guts” - om hul laaste twee wedstryde in onweer te wen.

Die eerstespan het algeheel 13de in die Aitkentoernooi geëindig, terwyl die o.15-span ongelukkig ‘n paar harde lesse in die Bodentoernooi geleer het en terug na die B-bondliga moes skuif. Mnr. Max, organiseerder van die sport, is egter vol vertroue dat Helpmekaar volgende jaar beter sal vaar en weer na die A-bondliga kan terugskuif.

Juan van Staden in aksie tydens die Aitkentoernooi. Foto deur Heike Edeling.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page