Ruiters gallop na glorie
- Megan Saaiman
- Oct 20, 2018
- 1 min read
Daar is sowat 22 Helpmekaarleerders wat hierdie jaar aan die grasieuse ruitersport deelgeneem het en ‘n skitterende ses Helpie-ruiters het aan die landswye finale kompetisie deelgeneem. Ons ruiterspan het hierdie jaar die Johannesburg-Sentraal C-liga gewen en eindig algeheel sewende tydens die nasionale kompetisie aangebied deur SANESA wat vanaf die 2de tot die 6de Oktober by Kyalami Equestrian Farms gehou is.
Michaela Janse van Rensburg behaal ‘n algehele derde plek met puik vertonings wat onder andere drie eerste plekke insluit. Anya Brink behaal ‘n algehele agtste plek, Courtney Zurcher ‘n veertiende plek, Carami van der Vyver ‘n elfde plek, Keagan Davidson ‘n agt-en-twintigste plek en Liezl Cloete ‘n elfde, twaalfde en vierde plek.
Vanaf die vroeë 2000’s is ruitersport reeds deel van Helpmekaar. Die sport behels tyd, vertroue in jou perd, gereelde oefening en baie deursettingsvermoë. Anya Brink sệ: “Die belangrikste in perdry is om geduldig te bly en hard te werk om jou eie doel te bereik.” Dissipline vorm ‘n groot deel van hierdie sport en vertroue tussen ‘n ruiter en sy of haar perd vat ure om te bou. Ruitersport is deel van die vele aktiwiteite wat Helpmekaar aanbied waarin ons Helpies uitmuntend presteer!
Net soos in al die ander sportsoorte is die Helpie-ruiters trots om deel te neem in Bruin en hulle wys weereens dat die Helpies werklik vele talente het!
Comments