top of page

Helpies “uber” alles

  • Anja Steyn
  • Oct 20, 2018
  • 1 min read

http://www.brooklynvegan.com

Met leerlinge wat reg oor Johannesburg en nog verder woon, is vervoer in Helpmekaar Kollege ‘n groot faktor. Menige Helpies kan getuig van die gevoel na ‘n lang, uitgerekte skooldag as jy net huis toe wil gaan, maar jou ma sit in ‘n vergadering en kan jou nie kom oplaai nie. Gelukkig het vandag se tieners iets wat hierdie “pynlike” scenario ietwat meer aangenaam maak: Uber.

Uber is ‘n vervoermaatskappy wat mense vervoer deur middel van hul netwerk van bestuurders, oftewel “chauffeurs”. Dit is ‘n multi-miljard dollar instansie wat in 84 lande gevestig is.

Helpies maak gereeld gebruik van hierdie diens, of dit nou is om na skool rond te loop in Sandton, om by sportoefeninge uit te kom omdat die bus verpas is of bloot om net huis toe te gaan.

Daar is egter bekommernisse oor die veiligheid van Uber nadat daar verskeie aanklagte van aanranding verskyn het. Uber sê egter op sy webtuiste: “Passasier- en bestuurderveiligheid is ons prioriteit.” Daar is ook nuwe veiligheidsfunkies tot die Uber-toep bygevoeg om veiligheid te maksimaliseer.

Met die stygende brandstofpryse is Uber ‘n meer koste-effektiewe vervoermiddel. Uber se koste beloop ongeveer R7,46 per kilometre. Dit kan jou ouers se beursies ‘n blaaskans gee.


 
 
 

댓글


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page