Verlos deur vergifnis.
- Carmine Van der Westhuizen
- Jul 30, 2018
- 1 min read
Vanjaar se flambojante musiekblyspel, “Gesertifiseerd” was ‘n fees vir die oë en ore met die helder kostuums, orkes en pittige humor! Sowaar kos vir die siel en gees. Die spontane toejuiging van die entoesiastiese gehoor was aansteeklik! ‘n Mens was werklik gevul met ontsag na die vertoning.
Tussen die humoristiese tonele, passievolle danspassies en liedere uit die hart was daar talle waardevolle lewenslesse gevleg. Die intrige het al hierdie lewenslesse saamgevat, maar die een wat soos ‘n paal bo water uitgestaan het, was die krag van vergifnis.
Die storie laat jou hart smelt en terselfdetyd prikkel dit jou gedagtes. Dit het ‘n langdurige impak wat jou bewus maak van die gebroke wêreld waarin ons leef. Almal loop met wonde wat deur ander se optredes, skerp woorde of blatante liefdeloosheid veroorsaak is. In dieselfde asem gesê, het almal ook al hulle messe uitgehad om ander seer te maak – dit is deel van menswees.
Waarom ontvang mense God se vergifnis om dan tog steeds in die skaduwee en skuld van hul mislukkings of verkeerde keuses te leef? Het jy al jouself vergewe? As jy die heeltyd fokus op jou tekortkominge en vorige foute, dan fokus jy al hoe meer op jouself en al hoe minder op die Here. Hy het jou vergewe, maar dan leef jy asof jy nog skuldig is. Wanneer ons die vergifnis wat Jesus bewerkstelling het, vrylik ontvang, word die Een wat dit gee, vereer en die een wat dit ontvang, vry. Kom ons kies om te vergewe, Hom te vereer en vry te lewe.
Comments