top of page

Un voyage enrichissant à Annecy

  • Karla Jonker
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Die Franse taalskooltoer het in die Aprilvakansie plaasgevind en het die graad 10 en 11 toerlede en onderwysers se verwagtinge oorskry. Annecy, Parys en ‘n paar klein dorpies is tydens die toer besoek.

Na sewe en twintig lang reisure, te min slaap en ‘n bietjie vlugvoosheid, het die toer begin. Van begin tot einde was daar nie een saai oomblik nie. Die dagskedules was vol beplan met allerhande interessanthede soos: kastele, ‘n kaasfabriek, die Louvre, Versailles en die Eiffel Toring.

Gedurende die week in Annecy het die hele groep skoolgegaan en is hul franse taalvaardigheid verfyn. Die toerlede het Suid-Afrika met die Franse bespreek en tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika sinoniem is met ‘n egte Suid-Afrikaanse braai. Nadat ‘n paar foto’s gedeel is, het die Franse onderwyser die opmerking gemaak: “As ek na boerewors kyk, word ek glad nie honger nie!”

Volgens toerlede was die grootse uitdaging om met die plaaslike inwoners te kommunikeer aangesien nie baie van hulle ander tale magtig is nie of gebroke Engels praat. Die toergroep het gesmul aan Franse kookkuns, van “pain au chocolat” tot paddaboudjies. Die gunsteling tydverdryf was dus: “bon appétit”.

“Hierdie toer het meer as net woordeskat uitgebrei en horisonne verbreed, dit het ons liefde vir die taal en vir mekaar laat groei,” het die toerlede gesê. Dit was ‘n onvergeetlike ervaring wat in elke leerder se reisjoernaal aangeteken is.

Markdag in Annecy - La Venice de France. Kaas te kies en te keur. Foto geneem deur juffrou Aritha Kruger.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page