Uit die Argief
- Danielle Brink
- Jul 30, 2018
- 1 min read
In die Helpmekaar-jaarblad van 1926 staan geskryf: “Sorg altyd dat die ideaal van die skool hoër is as wat julle alreeds geklim het,” en verder, “Wanneer julle ’n hoogtepunt bereik het, skuif die ideaal betyds op - en stry altyd, voorwaarts, opwaarts, met die heilige oortuiging van wat reg is.”
Alhoewel Helpmekaar Kollege kompeterend is op nasionale vlak, streef ons nou na globale hoogtes, antwoord Mnr. König op hierdie uitdaging van 1926. Is om globaal uit te reik die volgende stap in die Helpie progressie? Of is dit dalk om eerder weer die aandag na binne te draai? Na ons mense in ons skool?
En wat is die heilige oortuiging van ‘n Helpie? Mnr. König antwoord dat ons die goed en menslikheid in ’n ander raak sal sien, ontlok en vier.
Voorwaarts en opwaarts!
Comments