top of page

Tienertoneel: meer as net drama

  • Moné Rossouw
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Helpmekaar se akteurs en aktrises sal moet woeker met hul dramatalent tydens hierdie jaar se ATKV-tienertoneel. Die Helpies is tans volstoom aan die oefen en boonop is daar reeds ‘n puik prestasies behaal.

Daar is in 2018 twee Helpmekaar-tonele in hierdie kompetisie ingeskryf, naamlik: ‘Siembamba’ en ‘Net Nóg Een’. Al twee hierdie uitmuntende tonele kan by Noordheuwel se toneelfees in Julie, asook by die ATKV-tienertoneelkompetisie in Augustus gesien word. ‘Net Nóg Een’ het aan die ‘FEDA Festival’, ‘n Engelse toneelfees by die ‘Joburg Theatre’, deelgeneem. Hierdie toneelstuk het in die top 6 van 64 onskrywings geëindig. Dit is ‘n merkwaardige prestasie!

‘Siembamba’ handel oor vrouwees en hoe ver ‘n mens ‘n vrou kan dryf, voordat sy oorgaan tot aksie - of selfs wraak. Die toneel bestaan uit verskeie werke binne die Afrikaanse letterkunde. Hierin speel Nina Mostert, Milandie Viljoen, Lyndré Kruger, Mia Steenekamp, Danielle du Preez en Karla Jonker.

‘Net Nóg Een’ is ‘n spanningsdrama wat deur ‘n matriekleerder, Pieter Houghaard, geskryf is. Dit handel oor nege meisies wat ontvoer en aangehou word. Dit spreek die erns van mensehandel aan. Imke Higgo, Tamzyn Oosthuizen, Nianca Kempenaar, Johané Fritz, Jenna Schnehage, Zandri Swanepoel, Nadja Watney, Lee-Ann Smith en Ilanka Kleynhans vertolk ‘n rol in hierdie besienswaardige dramastuk.

Volgens Pieter is tienertoneel meer as net drama. Dit is om mense iets te laat voel en jou mede-spelers word soos familie.

Imke Higgo van Net Nóg Een onder die kollig. Foto geneem deur Pieter Hougaard.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page