top of page

Tannie Carol se boekhoekie

  • Marco van Staden
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Mars en nog meer vasgevang in dié boek se bladsye

Skrywer: Jan Rabie

Titel: Die Groen Planeet

Uitgewer: A.A. Balkema

Aantal Bladsye: 166

‘n Reis na Mars het 50 jaar gelede onbereikbaar ver gevoel, maar vandag word interplanetêre emigrasie ‘n al groter moontlikheid. Jan Rabie het hiervan geskryf in 1961 en “Die Groen Planeet” is ‘n toekomsverhaal wat grense verskuif het.

Jan Rabie was ‘n lid van die Sestigers, ‘n revolusionêre groep skrywers in die 1960’s. Sy boek, “Die Seeboek van die Sonderkossers”, het in 1977 die Scheepers-prys vir jeugromans verower. Rabie het pionierswerk gedoen met “Die Groen Planeet” en ‘n filosofiese, sowel as tegniese, meesterstuk geskryf.

Die verhaal draai om ses koloniseerders wat onwetend as proefkonyne na Mars gestuur word om die planeet te koloniseer. Die ruimtetuig ondervind probleme en die ontdekkingstog verander in ‘n oorlewingstryd. Die koloniseerders moes op eie houtjie oorleef en Mars in hul tuiste verander. Die verhaal is ‘n vertoonvenster van die aanpasbaarheid van die mens. Rabie het met groot sukses ingewikkelde tegniese konsepte, wat baie na aan die ware Jacob van die 21ste eeu se tegnologie is, reeds 57 jaar gelede omskryf. Die verhaal is spanningsvol en boei deurentyd.

“Die Groen Planeet” is ‘n juweel in die Afrikaanse letterkunde en ‘n noodsaaklike deel in die leesmondering van oud en jonk. Gaan soek hierdie boek aanlyn, in spesialis boekwinkels of op jou ouma se boekrak en word deel van Suid-Afrikaners se eerste reis na ‘n ander planeet lank voor Elon Musk die aarde betree het.


Comentários


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page