top of page

Saam Het Ons Mekaar

  • Aleida de Bruyn
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

In die Afrikaans taalklas leer ons van morfologie, oftewel die bou van woorde. Helpmekaar bestaan uit twee stamme en is gevolglik ‘n samestelling. Help is die bepaler en Mekaar is die kern. Die essensie van dié samestelling is “Mekaar”. Hierdie twee vertakkings vorm ons skool se familieboom. Dit is inklusief, groei deurentyd en maak ons almal deel van die groter geheel.

Die tweede termyn het ‘n fees van wintersport opgelewer. Die ongelooflike individuele prestasies word altyd nederig deur die “mekaar” omarm. Die hoofberig bring nie net hulde aan die sterre op die veld en baan nie, maar ook aan die toeskouers op die pawiljoen.

Dié uitgawe is ‘n viering van mekaar se prestasies: Beauty en Beast is aangekondig, Moda 2018 was ‘n skouspel en op die verhoog skitter die tienertonele, koor en musiekblyspel. Ek gesels met die übertalentvolle digter Bibi Slippers wat haar drome elke dag uitleef. Die waarde van die gevorderde vakke word onder die loep geneem en Helpie-entrepreneurs wat met geld woeker, inspireer ons. Ons herleef op ons fotoblad ontelbare kosbare oomblikke van die afgelope termyn.

Die Helpie-Flitse het vanjaar van krag tot krag gegaan, met ‘n redaksie wat nou saam gewerk het om nuus te bring wat ons nog meer heg aan mekaar verbind het. Wat ‘n sonderlinge voorreg en lekkerte om deel te wees van ons koerant. Saam het ons mekaar.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page