Junior Stadsraad verbreed horisonne
- Carmine Van der Westhuizen
- Jul 30, 2018
- 1 min read
Johannesburg se Junior Stadsraad is ‘n geregistreerde nie-regeringsorganisasie wat bestaan uit 76 junior raadslede uit 38 verskillende skole in Johannesburg. Om deel te wees van die raad moet die kandidaat akademies bekwaam wees, leierseienskappe en inisiatief toon. Die raad se doelwitte is om die jeug in Johannesburg akkuraat en regverdig te verteenwoordig, om op te tree in burgerlike- en gemeenskapsake, om bewustheid te skep van die wat minder bevoorreg is; om leierseienskappe te ontwikkel en samewerking aan te moedig tussen skole en gemeenskappe.
Cameron Sharp is saam met drie ander graad 10-leerders, MC Steenkamp, Pieter le Roux en Tivoli Visser, aan die begin van 2018 verkies tot lede van die Johannesburg Junior Stadsraad. Sy sê die doelwitte van die Junior Stadsraad is nie net om die gemeenskap van Johannesburg te help groei en te verbeter nie, maar ook om vir die jeug van die gemeenskap ‘n platform te gee waar hulle hul opinies kan lug.
Cameron sê om ‘n lid te wees van hierdie raad het haar horison verbreed. Sy het geleer om meer simpatie te hê teenoor die mense rondom haar. Dit het haar ook dankbaar gemaak vir die voorregte wat sy het en in staat gestel om te veg vir die wat minder bevoorreg as sy is.
Comments