top of page

Filosofie 101

  • Eduan Beukman
  • Jul 30, 2018
  • 2 min read

In die troebelende samelewing is dit hittete of jy verloor heeltemal perspektief oor wie jy is en waar jy inpas. Die groter oplossing kan egter eers uit die stoorkamer van onsekerheid gelaai word as die volle omvang van die probleem absorbeer word. Om te weet wie jy is, moet jy weet waar jy vandaan kom, maar ook waarheen jy op pad is. Daar moet eers besin word oor watter troppe reeds oor die weiveld roem.

Eerstens moet daar dank gebring word aan die leiers. Alhoewel die meeste werk en middernagolie gebrand word sonder erkenning is dit juis diegene wat vooruitgang bewerkstellig. Dit sluit in spankapteine, innoveerders en gewoonlik die klomp wat keer na keer opdaag indien dit verwag word. Dankie.

Op die duskant kry mens die kykers. Hulle hou dop, maar neem selde deel aan die ewige stryd tot bo. Wees versigtig, dit is hulle wat gewoonlik skaakspeel met die res. Aan die oorkant wei die brigade van die oningeligtes, dit is húlle wat fopnuus sal versprei of vas sal glo dat Prins Harry die derde troonopvolger is. Kyk mooi waar jy trap, in hul terrein is die eenoog koning.

Stap ‘n paar tree vorentoe en heelwat terug en jy loop jouself in die filosowe vas. Hulle praat en praat, maar doen min. Langs hulle rus die kaartmannetjies en vroutjies, dit is die geraasmakers wat nie begryp dat om te skree heeltemal onnodig is as mens doodnormaal kan praat nie. Jou diplomate is meestal teruggetrokke, en die politici het geheime agente wat oor die velde vlieg om seker te maak almal bly binne-in hulle bokse.

Die takies voer take uit. Heen en weer, op en af. Hulle is oral.‘n Sentrale geallieerde mag met een doel voor oë: opvoeding en dissipline. Hoër op (soos hulle keer op keer seker maak jy sal agterkom, om moontlik ‘n dieper leemte te versteek) speel die spelers. Ons is egter naweek na naweek trots, of die uitslae slagtings of oorwinnings is.

Daar moet tyd gevat word, selfondersoek ingestel word en versigtig geredeneer word indien besluit word om bloot by ‘n trop aan te sluit. Die kwyning van individualiteit is ‘n risiko, moenie bang wees om te doen en sê wat gedink word nie. Uiteraard moet reëls en grense beskerm word. Wyk met onsin, waansin en oordeel. Soos N.P. Van Wyk Louw dig: “Ken jy my nou? Het jy die spieël gesien en ken jy jou?”


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page