top of page

Die gevorderde voordele van gevorderd wees

  • Marié Mouton
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Helpmekaar Kollege bied aan sy leerders ‘n groot aantal voordele. Die geleentheid om onderrig te ontvang in gevorderde vakke is een daarvan. Gevorderde programme in Afrikaans, Engels, Wiskunde en binnekort ook Fisiese Wetenskap is jou keuses aan die einde van die Graad 9-skooljaar. Tans word Gevorderde Afrikaans en Engels buite skoolure aangebied terwyl Wiskunde deel vorm van die normale dagrooster.

Die programme is belangrik om leerlinge wat in die spesifieke vakgebiede presteer en belangstel verder te prikkel en hul kennis en insig te verbeter. Die gevorderde taalprogramme is vir die boekwurms onder ons ‘n fantastiese geleentheid om verdiep te raak in die literatuur. In AdMaths worstel jy met meer gevorderde wiskundige probleme wat selfs die wiskunde genies iets gee om oor na te dink.

Daar is slegs ‘n klein aantal leerders wat hierdie vakke neem. Die rede hiervoor is waarskynlik die ekstra tyd wat die vakke vereis in wat reeds ‘n te besige dag vir die gemiddelde hoërskoolleerder is. Die resultate wat jy behaal vir ‘n gevorderde program dra op die oomblik ook nie by tot jou gemiddelde eksamenpunt nie. Die leerder ontvang ‘n afsonderlike IEB-matriekrapport vir hierdie vakke. Daarom word die belangrikheid van gevorderde programme dikwels onderskat.

Hierdie vakke help om leerders deeglik voor te berei vir die studentelewe waar kritiese en onafhanklike denke belangrik is. Die vakke bied ook groter blootstelling indien jou planne is om verder te studeer in die spesfieke rigting. Tydens jou universiteitslewe pluk jy dan die vrugte en voordele van wat tydens jou besige skooljare net soos ‘n berg ekstra werk lyk.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page