top of page

Bruintrui-held bult spiere in Boktrui

  • Marco van Staden
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Tiaan ‘Varkie’ van der Merwe, tydens die o.20 Wêreldrugby Bekerkompetisie. Foto verskaf deur www.sarugbymag.co.za.

Tiaan van der Merwe is ‘n vuurvreter voorry-speler en voormalige Helpie wat ingesluit is in die Junior Springbokke se wêreldbekerspan.

Tiaan speel van vyf-jarige ouderdom rugby en vertel dat hy die droom om sy land te verteenwoordig al van hierdie vroeë ouderdom koester. Die pad na sukses was egter nie vir hierdie speler geteer nie en “Vark”, soos hy in Helpmekaar se gange geken is, moes ‘n ernstige kniebesering in 2016 oorkom. Sy grootste teleurstelling, meen hy, was om in daardie jaar afstand te doen van die Eerstespan waarvan hy die kaptein was.

Tiaan het ongelukkig ook die afgelope tyd pakslae gekry op internasionale vlak. Hy dien ‘n 6 weke-skorsing uit as gevolg van wangedrag op die veld. Tiaan sê dat hy ‘n duur les geleer het, maar in die toekoms definitief meer professioneel sal optree. “Al dink jy nie mense kyk nie, is daar altyd oë op jou.” Tiaan moes op die harde manier leer dat daar ‘n regte plek en tyd vir ‘n grappie is en dat mense jou woorde soms anders interpreteer as wat jy dit bedoel.

Nietemin geniet Tiaan elke keer wat hy op die veld kan draf en verteenwoordig Helpmekaar met trots op die internasionale verhoog. Dit is immers nie die foute wat ons maak nie, maar die les wat ons daaruit leer wat ons karkater bou.


Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page