Baantjies vir onnies
- Shane Lottriet
- Jul 30, 2018
- 1 min read
Daar word oor die algemeen vergeet dat daar buiten die gekuier en die groepies van die leerders by Helpmekaar, ook pouses in die personeelkamer geskinder en gekuier word. Hoe is hierdie groepies anders as die leerderklieks? Buiten die duidelike verskil in wysheid, is hulle glad nie anders nie.
Daar is altyd daardie groep vriende wat buitengewoon slim is en sonder enige moeite ‘n 90%-gemiddeld kry. Hierdie groep vriende kan jy seker beskou as die eweknie van juffrou Lida en juffrou Elsabé. Om by húlle te sit in die personeelkamer moet jy ‘n IK van ten minste 160 hê.
In die heel agterste hoek van die personeelkamer kan die manspersoneel dikwels gesien word wat o.a. meneer Shaun Jackson en meneer Dietlov insluit. Hulle is soos die “jocks” met ‘n rugbybal byderhand, ongeag of dit nou rugbyseisoen is of nie.
Die personeel van Helpmekaar is net so divers soos die leerders. Daar is alles van die “hippie”-groepie tot die groepie wat skelm pouses rook, maar soos die wyse woorde van juffrou Nicolene Opperman dit stel: “Al praat almal nie elke dag met mekaar nie, sou ons nie kop bo water kon hou sonder mekaar se hulp nie.”

Comments