top of page

“Pottie” vind sy deksel by Helpmekaar

  • Danielle Brink
  • Jul 30, 2018
  • 1 min read

Die kunstenaar, Mevrou Erna van Wijk, het op 19 September 2017 ‘n mynbou artivak, “Pottie”, aan Helpmekaar Kollege geskenk. Pottie het diens gedoen in die smeltings proses van Crown Mines se myne wat rondom 1977 gesluit het.

Teen 1977 was die Crown Mines goud reserwes uitgeput en die groep het al hul toerusting uitgestal om te verkoop. Mevrou van Wijk het op ‘n dag per toeval verby dié uitstalling gery en het van die voorwerpe visueel aanloklik gevind. Pottie is net daar gekoop en dit het ses mans geneem om Pottie op die van Wijk’s se bakkie te laai.

Tydens die daaropvolgende jare het Mevrou van Wijk die artivak bewaar en selfs in van haar kunsuitstallings gebruik. Met haar onlangse besluit om na Wildernis te verhuis, het sy besluit dat Pottie in Gauteng hoort omdat hy “deel is van Gauteng se geskiedenis”. ‘n Vriend het die skool Helpmekaar Kollege aan haar voorgestel en Mevrou van Wijk het besluit dat dié suiwer Afrikaanse skool met sy ryk geskiedenis vir Pottie “tot sy reg sal laat kom” en het hom aan die skool geskenk.

By Helpmekaar Kollege kan ons goed met Pottie en sy geskiedenis assosieer en het dus graag die Van Wijks se geskenk aanvaar. Johannesburg het ontstaan en ontwikkel rondom die goud ontploffing aan die einde van die 19de eeu. By Helpmekaar respekteer ons geskiedenis deur ons tradisies en is trots op ons rol in ons stad. Net soos Pottie is ons skool eie aan die geskiedenis van ons Goudstad en vervoer ons skool ook ‘n produk, wat seker so 80% gereed is, tot by sy volgende bestemming.


コメント


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page