top of page

Wêreldjeugspele wink vir Jonathan

  • Die Sportkantoor
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Jonathan de Lacey Lacey is ‘n 17-jarige leeerling in Helpmekaar Kollege en ‘n kranige atleet. Hy is tans die nommer een gewigstootatleet in sy ouderdom in die wêreld, en spog met ‘n persoonlike beste afstand van 19,88 meter – die grootste afstand wat nóg hierdie jaar gegooi is.

Jonathan word al drie jaar afgerig deur mnr. Francois de Wit, ook verbonde aan Helpmekaar en ‘n oud-Springbokatleet wat sélf in gewigstoot uitgeblink het. Volgens De Wit is Jonathan se mikpunt om ‘n goue medalje tydens die Wêreldjeugspele te wen, en werk hulle nou daaraan om vir dié spele te kwalifiseer. Die spele word in Juliemaand in Nairobi, die hoofstad van Kenia, aangebied.

Jonathan volg ‘n strawwe oefenprogram om hom vir Julie voor te berei, en konsentreer daarop om ‘n goeie balans tussen tegniek en krag te handhaaf. Hy skryf sy sukses toe aan die feit dat hy ‘n uitstekende afrigter het wat daarin slaag om sy entoesiasme en passie elke dag te vernuwe en te ontwikkel.


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page