Wie sit agter die wonder van die koshuisbrood?
- Xanté de Klerk
- Mar 31, 2017
- 1 min read

Die lewe in 'n koshuis kan maklik in stiltetye, etenstyd en vryetyd ingedeel word. Weg van jou ma se primêre rokspante af kan jou hartklop soms verflou. Gelukkig het die koshuisbrakke spesiale “koshuis-mammas”: die liefdevolle werkers in die koshuiskombuis.
Hierdie vyf dames- en twee manspersoneellede se vriendelike teenwoordigheid en dit wat hulle dag-na-dag vir almal dag doen, beteken baie vir die koshuisbrakke. Die koshuiswerkers sorg dat die kinders se “tuiste weg van die huis” met ‘n warm hart klop.
"Ons is so lief vir julle en wil mooi na julle kyk, dis hoekom ons so hard werk," sê Grace Ramaru, een van die helpers.
Die Helpie-Flitse wil graag hulde aan dié werkers bring en hulle bedank vir vroeë oggende se Matabella-pap en laat aande se skottelgoed was. Te danke aan hulle toegewydheid en omgee is die Helpie-koshuisbrakke nog spreekwoordelik aan die huppel.
Comments