top of page

Whazzzaaaa…

  • Kirsten Phillips
  • Mar 31, 2017
  • 1 min read

Mnr. Sean en graad 11 LAN-aanhangers met die legendariese LAN-groet. Foto geneem deur  Heike Edeling.

Vroeg in elke termyn, wanneer die skoolaktiwiteite nog min is en die werksdruk nie soos ‘n swaard bo die leerders se koppe hang nie, kom Helpmekaar se bloeddorstige kuberkinders in hulle kuberomgewing bymekaar en hou hulle ‘n LAN (Local Area Network).

Dis hier waar hulle vieruur in die middag begin en regdeur die nag hulself in hul kuberwêreld verloor, tot hulle die volgende oggend agt-uur dié wêreld verlaat, op pad na hulle ware huise in ‘n realistiese omgewing.

Van die woord Rage kan ‘n LAN-kind jou alles vertel, aangesien meeste van die leerders gereeld hulle vuiste seer slaan op die tafels. Volgens mnr. Sean Barber, organiseerder van die aktiwiteit, en self ‘n groot kubernerd, is daar `n sin wat gereeld tydens LAN-aande oor en weer geskree word, “Ek gaan jou doodmaak…!” Dit word natuurlik op ‘n aanlyn-wyse bedoel.

So vergeet van Plett Rage en kom LAN Rage!


 
 
 

Comments


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page