top of page

Wees (weer) gegroet, Helpmekaar Kollege

  • Danielle Brink
  • Mar 31, 2017
  • 2 min read

Me. Mia Roberts
Juf. Linda van Niekerk

Helpmekaar is ryk aan tradisie en gees. Die Helpie-ketting breek nooit. ‘n Paar oud-skoliere het hierdie waarheid letterlik opgeneem en besluit om hul roeping te kom uitleef by hul alma mater.

Juffrou Linda van Niekerk het in 1980 by Helpmekaar gematrikuleer toe die skool nog ‘n afsonderlike seuns- en ‘n meisieskool was. Sy vertel: “Jy het voorskool maar met jou kêrel deur die draad gesels omdat daar onderwysers aan diens was. Die seuns en meisies mag nie regtig gemeng het nie.”

Daar was sowat 800 leerders per skool voor Helpmekaar se privatisering. Die meisies het in die winter geel “turtle-neck” hemde onder hulle skoolrokke gedra. Hulle rokke was met ‘n liniaal gemeet om seker te maak dat dit nie te kort is nie. As juffrou Linda terugdink aan haar skooljare, kan sy met trots getuig dat Helpmekaar gegroei het in terme van etos, tradisie, familie-wees en algehele motivering.

Me. Nicole Rhoodie
Mnr. Max de Beer

Na afloop van Helpmekaar se privatisering, het dit ‘n gemengde, maar baie kleiner skool geword. Juffrou Sofi vertel dat hulle net 6 meisies en 14 seuns in haar graad was! Aantree was sommer voor juffrou Adel se huidige klas. Sy voeg by dat “ons sommer tweede pouses oor die bult gestap het en by Nino’s gaan koffie drink het, maar toe mnr. Klaus hoof geword het, het die reëls verander en het nuwe strukture vinnig in plek geval.” Mnr. König het hoof geword in haar graad 9-jaar.

Me. Richelle van Zyl

Voor die onstaan van Empire-, Melle- en Smutshuis, het die verskillende tutorklasse teen mekaar meegeding. Een van die verskeie kompetisies wat daar was, was die kaskarresies en Juffrou Richelle vertel dat hulle hierdie resies “sommer hier by die bult afgejaag het, tutorklas teen tutorklas”.

Helpmekaar se meisies het eers in 2009 'bashers' begin dra. Juffrou Mia en mnr. Max was toe albei in graad 10. Juffrou Mia onthou dat hulle aanvanklik slegs op Maandae en Vrydae 'bashers' gedra het, maar dat 'bashers' sommer skielik, een Vrydagoggend, permanent geword het. Soos tevore het ‘n paar meisies wéér hulle 'bashers' vergeet. Mnr. König het net daar besluit dat alle meisies elke dag bashers moes dra. Vandag dra ons steeds swaar aan die gevolge.

Staaltjies uit die verlede is waardevol. Ons leer van ons kultuur deur die oë en belewenis van ons voorgangers. Dit plaas ons ervarings in perspektief, en help dat ons ook die toekoms in die verlede kan sien.


 
 
 

Comentarios


Saam

het ons

in hierdie
uitgawe

mekaar

Mees Onlangs
bottom of page