Wees jou eie kunswerk
- Jana Basson
- Mar 31, 2017
- 1 min read
Elke meisie is grasieus sonder grimering, maar kan grasieus én gevaarlik wees met die regte grimering. Grimeerfoute kan vinnig opgeknap word en verseker dat jou kenmerke opgekikker word in plaas daarvan dat dit jou skoonheid verdoesel. Hier volg die mees algemene foute waaraan elke meisie al skuldig was.
Meisies, ‘n dik streep oogomlyner wat nie teenaan jou wimpers is nie, laat slegs jou oë kleiner voorkom. Gebruik liewers ‘n jel of pen en nié ‘n potlood nie en wend dit so dun as moontlik aan die middel van jou ooglyn. Ek stel voor L’Oreal se SuperLiner.
Alhoewel maskara elke meisie se eerste kopie in die wêreld van kosmetiek moet wees, bly dit egter ‘n groot sondebok wat vinnig ‘n gegrimeerde-gesiggie kan bederf. As jy ‘n tweede laag maskara bo-oor ‘n droë laag sit, gaan dit lyk soos die memes op Instagram wat met grimering-foute spot! Vermy ook waterdigte maskara, aangesien dit ‘n beslommernis is om af te haal en jou boonop óók met gekoekte wimpers los.
Onthou altyd dat hoewel jou innerlike skoonheid die belangrikste is, daar niks fout is daarmee om jou selfvertroue met ‘n bietjie grimering te versterk nie. Versorg jou binnekant sowel as jou buitekant met gelyke moeite en omgee.
Kyk gerus na Jana se video op ons video-blad: www.helpieflitse.com/video.
Comentários